KYK: Ligaam gevind, nog geen bevestiging of dit vermiste tiener is

Lees ook :

Foto: Hannelie Berry Nieuwenhuys

WES-KAAP. – ‘n Liggaam is Maandag (2 Junie) langs die Allandale Korrektiewe Dienste in die Paarl in ‘n vlak graf ontdek. Die polisie kan egter nie tans bevestig of dit moontlik die liggaam van Chanelle Plaatjies (16) is nie, wat op 28 Mei by die Paarl-Oos-polisiekantoor as vermis aangemeld is.

AO Joseph Swartbooi, ‘n polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits forensiese deskundiges het Maandag die betrokke inligting ontvang, waarna ‘n liggaam naby ‘n plaaslike dam gevind is. Die liggaam moet nog geïdentifiseer word en ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die dood vas te stel. ‘n Moordsaak word ondersoek en geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Lede van Chanelle Plaatjies se gesin het in die vlak graf gegrawe totdat hulle op ‘n skoen afgekom het, soortgelyk as dié wat aan Chanelle behoort het. Hulle kon toe nie verder grawe nie.

Enigiemand met relevante inligting wat met die sake kan help, word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief