Die nuutste Afrikaanse komedie is vanaf 8 Maart in uitgekose fliekteaters te sien. #Lovemyselfie spog met sterre soos Illse Roos, June van Merch en Joanie Combrink. Lika Berning het in die regisseurstoel ingeskuif.
Dit volg die verhaal van Adele Swan wat tot die besef kom dat haar verloofde al haar geld verkwansel het. Sy besluit die tyd het aangebreek om te wys wat in haar steek. Adele het geen ander keuse as om die vertoning van haar lewe te lewer nie. Sy neem deel aan ’n kompetisie op ’n luukse plesiervaart.
Dit word beskryf as “veel meer as ’n langverwagte plesiervaart. Vier vroue wat ouer as 60 is, onderneem ’n reis na binne en ontdek dat dit nooit te laat is om te ontwikkel en selfs te verander nie.”
Kliek hier om jou kaartjies te bespreek.
Bronne: kykNET, Facebook, lovemyselfie.co.za





