KYK: Man by Rustenburg-polisiestasie aangerand

Lees ook :

Foto: Skermgreep uit video The Truth Panther - X

NOORDWES. – ‘n Man wat glo Saterdag ‘n saak van beweerde aanranding by die Rustenburg-polisiestasie aanhangig wou maak, is self deur ‘n polisiebeampte wat van diens was, aangerand. Beeldmateriaal van die insident is wyd op sosiale media versprei.

Lt.kol. Sam Tselanyane sê die gedrag van die polisiebeampte word deur die polisiebestuur veroordeel. ‘n Woordewisseling het na bewering tussen die polisiebeampte, nog mense en die man wat in die beeldmateriaal aangerand word, by ‘n haarkapper in ‘n winkelsentrum ontstaan.

Tselanyane sê een van die slagoffers, op sosiale media as Ofentse Raphuti geïdentifiseer, wou ‘n saak by die polisiestasie oopmaak. Die polisiebeampte is ook na die polisiestasie, waar hy glo die man in die parkeerarea aangetref het. Na bewering het die polisiebeampte hom weggejaag en aangerand. ‘n Polisiebeampte wat aan diens was, moes tussenbeide tree om die situasie te kalmeer.

Die polisiebeampte en klaer het oor en weer sake van aanranding teen mekaar oopgemaak. Die insident word ondersoek. Tselanyane sê die gedrag van die polisiebeampte is totaal onaanvaarbaar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief