’n Manlike passasier (20) is Sondag ernstig beseer toe hy na bewering van die bekende passasierskip Royal Carribean’s Icon of the Seas gespring het.
Die skip het Saterdag vanaf Miami, Florida, na Roatan, Honduras gevaar. Die voorval het ongeveer 64 km noord van Santa Lucia Kuba plaasgevind.
’n Reddingsoperasie is dadelik begin en die skip het vir twee uur stilgestaan terwyl ’n nooddiensboot na die man in die water gesoek het. Hy is gevind en na die intensiewesorgeenheid van die skip geneem.
Geen inligting van die omstandighede waaronder hy gespring het, is al bekendgemaak nie.
Die man is die tiende individu sedert 2020 wat oorboord een van Royal Carribean se skepe is. Icon of the Seas het 7 600 passasiers en 2 350 werknemers aan boord.
Bronne: Cruise Radio, LadBible, Cruise Hive, X