Kyk: Man op video vermoor – verdagte neem selfies by liggaam

Lees ook :

Foto: Skermgreep video @Jayden_Tha op X

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie!

WESTONARIA, GAUTENG. – ‘n Video waarin ‘n moord gepleeg word, word wyd en syd op sosiale media versprei. Volgens die plasings vind dit by Sibanye Stillwater Skag 7 plaas.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die voorval het Vrydag by die Leseding-hostel waar beide die oorledene en verdagte bly, gebeur.

Die verdagte man (43) is vir die moord op sy werkskollega in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag op aanklag van moord in die Westonaria-landdroshof verskyn.

In die video kan gesien word hoe die verdagte herhaaldelik sy slagoffer met ‘n voorwerp steek. Agterna neem hy selfies by die oorledene. Laasgenoemde se ingewande is duidelik op die foto sigbaar.

Volgens plasings het die verdagte na bewering die slagoffer se kop afgesny, geskop en boonop “iets” van die ingewande geeët.

https://twitter.com/i/status/1723031075646021785

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief