’n TikTok-gebruiker @zellatjie3 oftewel, Zella Geyser, beskryf haar verlowing as die beste dag van haar lewe. Haar kêrel het die jawoord in ’n Pick n Pay gevra.
In die video praat ’n manstem oor die winkel se luidspreker. Die vrou luister aandagtig en vra dan vir haar vriendin wat die video neem: “Is dit Bertus?”
Bertus gaan voort en vra die groot vraag oor die luidspreker. “Ek sal jou in die swembad-isle kry en ek hoop jy sê ja,” sluit hy af.
Geyser loop verbaas na die swembadafdeling waar sy vir Bertus op een knie tussen die rakke sien. Die trane vloei behoorlik toe hy die ring aan haar vinger sit.
Hulle is deur werknemers van die winkel toegejuig. Een sosialemediagebruiker sê hy hoop Pick n Pay borg iets te ete vir die troue as gelukwensing.
Waarskuwing: Die video bevat kru taalgebruik wat sommige luisteraars kan ontstel.
@zellatji3 Best initiative proposal ever!!!!#fyp #tiktoksa #zellatji3 #positivebanterpicknpay@Pick n Pay Clothing
♬ original sound – @Zella_GeyserSorryJammerEkskuu
Bron: Zellatjie3-TikTok





