KYK: Man woedend nadat Valke persele beskadig

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opnames Theunis Oosthuizen Facebook-blad

‘n Video is op die TikTok-profiel “@salvation_from_the_lord” gedeel waarin gesien kan word hoe die Valke twee sakepersele beskadig. Op Theunis Oosthuizen se Facebook-blad verskyn meer video-opnames van die voorvalle asook ‘n opname van 12 April by ‘n woning.

Die een perseel blyk die opnemer se eie te wees wat op die punt is om verkoop te word. Die ander is van ‘n gehuurde perseel en sy privaat woning waar sy familie tydens die voorval tuis was. Hierdie video’s is reeds meer as 5 000 keer gedeel.

By die huis word die hek bloot af gery. ‘n Manspersoon word geskop en dan op sy rug getrap.

Nog ‘n video is by ‘n sake-adres in Moleculestraat 40 geneem. Nuusflits is egter nie seker in watter area dit is nie. Dit is die perseel wat lyk asof dit verkoop word. Die hek is af gery, die groot roldeur na die gebou oopforseer en nog deure op die perseel of oopforseer, oopgebreek of oopgeskop. Die persoon wat die video maak, sê die Valke het die perseel verlaat en alles net so gelaat, wat hom noop om op sy onkoste veiligheidswagte te reël om alles op te pas.

In nog ‘n video kan gesien word hoe ‘n persoon by ‘n sakeperseel hardhandig hanteer word, geklap, geskop en op getrap word.

Volgens die video was die hek op een van die persele half oop en kon dit slegs oopgestoot word, maar dit is beskadig. ‘n Ander voertuig het voor die polisievoertuig daar deurgery. Daar was ook ‘n wag teenwoordig wat die hek kon oopstoot.

Die man sê in die opname by sy huis kon die klokkie gelui word en daar sou oopgemaak word. Hy sê verder daar is eerder verkies om die hek oop te ry en sy familie te traumatiseer. Selfs ‘n polisiehelikopter was teenwoordig.

Die polisie het hom meegedeel hulle tree op na aanleiding van ‘n wenk wat ontvang is. ‘n Deursoekingslasbrief is voorsien. Die man bevraagteken die professionaliteit van die eenheid om nie éérs die persoon wat die wenk voorsien het, te ondersoek nie. Hy sê die persoon teen wie die wenk aangemeld is se misdaadrekord, indien enige, moes nagegaan word voordat op onnodige vernielsugtige maniere te werk gegaan is.

Die man is van voorneme om stappe te neem.

Kyk hier na die ander video’s

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief