Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Massiewe haelkorrels val in dele van Gauteng

'n Hewige haelstorm het gisteraand gedeeltes van Gauteng getref.

Haelstorm
Foto: Storm Report SA Natasha en Saskia

GAUTENG. – ‘n Haelstorm met massiewe korrels so groot soos gholfballe het gisteraand skade in Midrand en Johannesburg-areas veroorsaak.

Chris Else, SA-sanger, het ook ‘n video-opname gedeel van die hael wat geval het.

Inwoners en padgebruikers het foto’s van die ongewone groot haelkorrels op sosiale media geplaas.

Is jy geraak deur die storm? Deel jou foto’s of ondervinding in die kommentaar.