Kyk: Matrikulante se eindeksamenrooster bekend

Lees ook :

Matrikulante se eindeksamenrooster bekendgemaak. Foto ter illustrasie: Canva

Die datums en rooster van matrikulante se Nasionale Senior Sertifikaat-eindeksamen is bekendgemaak. Die eksamen sal amptelik op 21 Oktober 2024 begin en die laaste vraestel word op 28 November 2024 geskryf.

Dieselfde roosterformaat as in 2023 se eindeksamen gaan gevolg word, met twee veranderinge. Rekenaartoepassingstegnologie se praktiese vraestel en Inligtingstegnologie se praktiese vraestel sal in week 1 van die eksamen geskryf word en nie die week voor die eksamen soos verlede jaar nie.

Leerders kan verwag om met Engels Huistaal, Eerste Addisionele – en Tweede Addisionele Taal se Vraestel 3 te begin.

Lewensoriëntering se gemeenskaplike taak word op Maanda, 2 September 2024 geskryf. Matrikulante wat dit nie slaag nie, gaan die geleentheid hê om weer op 3 Oktober 2024 te skryf.

Die minister van basiese onderwys sal die matriekuitslae op Woensdag 15 Januarie 2025 bekendmaak terwyl die provinsiale onderwysdepartemente leerders se uitslae op Donderdag 16 Januarie 2025 sal vrystel.

Die volledige eksamenrooster kan hier afgelaai word:

Bron: Departement van basiese onderwys

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief