KYK: Meer as 50 voertuie by skrootwerf op in vlamme

Lees ook :

Foto: Skermskoot video-opname KZNVIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – Meer as 50 voertuie en vlambare items het in die vroeë oggend in ‘n skrootwerf in Canehaven-rylaan, in Phoenix aan die brand geraak.

KZNVIP Protection Services sê die diens is deur inwoners naby die skrootwerf van die brand verwittig.

Mediese en reaksiespanne is ontplooi en addisionele brandweertrokke is van Durban laat kom. Die vuur en ontploffings kon van ver gehoor en gesien word.

Die brand is na ongeveer twee uur geblus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief