KYK: Meer polisielede vir stabiliteit in KZN ontplooi

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Buiten 500 polisielede wat gedurende Mei na die provinsie ontplooi is, word ‘n verdere 300 lede, verbonde aan openbare-orde-polisiëring (OOP), vir stabiliteit na dié provinsie gestuur.

Brig. Athlenda Mathe sê die eerste groep van 200 lede is vroeg in Mei ontplooi en nog 300 tydens die verkiesing. Die laaste groep van 300 lede is deur genl. Fannie Masemola in posisie geplaas ter ondersteuning van NATJOINTS se veiligheid en sekuriteit, nasionale en provinsiale verkiesingsplan. Die lede is volgens Mathe na die provinsie gestuur om stabiliteit in die provinsie te handhaaf. Dié provinsie word tot dusver, weens goeie beplanning, as relatief stabiel beskryf.

Mathe sê die handhawing van stabiliteit is nou in die na-verkiesing fase. Gedurende hierdie fase word aktiwiteite na die uitkoms van die verkiesing gemonitor. Wetstoepassingsowerhede is op ‘n gereedheidsgrondslag vir insidente wat mag plaasvind.

Genl. Mathe het tydens ontplooiing vir die lede gesê hulle sal ook stabiliteit deur die hele land handhaaf: “We have delivered the 2024 NPE elections in a stable environment. Voters were able to exercise their democratic right without fear or favour, we will continue to respond accordingly to prevent and combat criminality. We thank voters and communities for thus far conducting themselves in an orderly and responsible manner. We hope this will prevail. Those who step out of line, will be dealt with,” said Gen. Masemola.

Lt.genl. Tebello Mosikili, medevoorsitter van NATJOINTS, het die lede op die parade vir hulle rol gedurende die verkiesingstydperk, om ‘n rustige omgewing te verseker, bedank.

Die lede sal ook in die rampgesteisterde Tongaat-area aangewend word om diegene wat deur die gure weersomstandighede geraak is, te ondersteun.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App