Die komediant, Mel die storieverteller, het gedoen wat sy goed doen: grappies maak. Sy het ’n nuwe video op haar sosialemediabladsye gedeel waarin sy die humor in die Op my Eish!-liefdesoekprogram raaksien.
Sy spot daarin met Brendan Peyper en die vroue wat om sy hart meeding. Aanhangers het die video amusant gevind. “Lag ek nou sommer lelik,” het een kommentaar gesê.
Op my Eish! is vanaand om 20:00 op kykNET te sien.
@mel_die_storieverteller Moenie die volgende episode van Op My Eish misloop nie… kyknet brendenpeyper afrikaans
♬ Acoustic guitar live performance Gentle and nimble in nature(1007339) – Melonest
Bronne: Mel die Storieverteller Facebook-blad en TikTok-blad, kykNET





