OOS-KAAP. – ‘n Meteoriet het glo vanoggend, omstreeks 08:45 met ‘n geraas in die see by Oesterbaai, in die Oos-Kaap, neergestort.
Volgens wat aangemeld is, is ‘n ontploffing in verskeie dorpe, selfs sover as Sedgefield, gehoor.
Die oorsprong van die video is onbekend, maar word gedeel en daar word gesê dit is in St. Francisbaai geneem.
Het jy foto’s, video-opnames of meer inligting oor die rare verskynsel?
Bronne: The Weather Hooligan, Luister FM, SA Reënvalverslae, en St. Francis Chronicle Newspaper





