KYK: Metropolisie veroorsaak chaos met protesaksie

Lees ook :

Foto's: Kevin van der Mescht

GAUTENG. – Die EMPD (Ekurhuleni-metropolisiedepartement) het vanoggend chaos op paaie veroorsaak, veral hoofweë, wat in die gebied geblokkeer is. Motoriste is gemaan om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Nuusflits het kommentaar van EMPD gevra. Sosiale media wemel van beeldmateriaal oor die protesoptog in amptelike departementsvoertuie en protesgangers in volle uniform.

Kevin van der Mescht op die AfriForum Benoni-sosialemediablad sê die N12, R21, R24 en N17 is saam met ander roetes geraak.

Volgens EK FM 103.6 Newsroom is die beamptes besig met ‘n staking/ “go slow” oor oortyd wat minder gemaak is en is glo onderweg na Germiston om ‘n grief aan Nkosindiphile Xhakaza, die uitvoerende burgemeester van Ekurhuleni te oorhandig.

Maverick RadioOmroeper sê: “This is actually breaking the law by those who are supposed to enforce it. In South Africa, law enforcement, as an essential service, is prohibited from striking under the Labour Relations Act.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief