KYK: Minderjarige toe nie verkrag nie – geen vervolging ingestel nie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die NVG het bevestig geen vervolging gaan in die verkragtingsaak van ‘n minderjarige op Matiele ingestel word nie. Geen bewys van verkragting of seksuele aanranding kon gekry word nie.

Adv. Mthunzi Mhaga, die nasionale woordvoerder van die NVG, het bevestig dat ’n saakdossier in November 2024 aan aanklaers in die Matatiele-landdroshof in Matatiele sowel as die saakbestuurder van die Thuthuzela-sorgsentrum in die provinsie voorgelê is. Die dossier het inligting bevat oor vermoedens van seksuele aanranding op ’n minderjarige meisie. Die inhoud van die dossier is deur aanklaers geëvalueer en daar is tot die gevolgtrekking gekom dat daar onvoldoende bewyse is om ’n suksesvolle vervolging in te stel. Geen voldoende bewyse van verkragting of seksuele aanranding is gevind nadat ‘n ondersoek gedoen en ‘n onderhoud met die minderjarige gevoer is nie. Die Oos-Kaapse direkteur van openbare vervolging het die dossier aangevra, die saak is deur aanklaers in sy kantoor hersien en die besluit van die Matatiele-aanklaers bekragtig.

Hierdie besluit is aan die polisiebeamptes wat die dossier ingedien het, oorgedra. Die DOV se kantoor het destyds nie ’n openbare verklaring oor die besluit uitgereik nie, aangesien dit die ondersoek kon beïnvloed. As gevolg van die openbare belangstelling in die saak wat sedert April opgeflikker het, het die NVG egter besluit om die besluit bekend te maak.

Die polisie het intussen weer die dossier vir verdere oorweging aan die DOV se kantoor voorgelê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief