KYK: Minstens 60 dood toe konsertsaal in Moskou aangeval is

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video

WAARSKUWING: Die reeks video-opnames kan lesers ontstel.

MOSKOU, RUSLAND. – Minstens 60 mense is dood en nog 145 beseer, waarvan ongeveer 60 kritiek, toe die Crocus-stadsaal in Moskou Vrydagaand ongeveer 20 km vanaf die Kremlin, aangeval is.

Die millitante groep ISIS het op Telegram verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Die rockgroep Picnic sou optree toe daar op die konsertgangers losgebrand is. ‘n Brand het agterna as gevolg van plofstof wat ontset is, in die gebou ontstaan.

In die reeks video’s van onder meer MASH.ru wat per WhatsApp aan Nuusflits gestuur is, kan gesien word hoe daar koelbloedig op mense geskiet word.

https://www.aljazeera.com/news/2024/3/22/gunfire-and-explosion-reported-at-concert-hall-in-russias-moscow?fbclid=IwAR0bgPg4rh0UP2Famqqext7wsYU5Z98whegiVt811Ce5kFpG7acyrryZg7I

Bronne: ALJAZEERA, Fox News en Forbes

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief