KYK: Misdaadtoneel, twee persone afsonderlik doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Yusuf Abramjee het ‘n video op sy X-profiel gedeel van ‘n Uber-bestuurder wat doodgeskiet is. Kapt. André Beetge sê daar was twee afsonderlike voorvalle waar persone in verskillende areas doodgeskiet is.

Na bewering is New Brighton-polisie Woensdag omstreeks 19:30 na ‘n skietvoorval in Avenue A. Bulelani Thwalo (35) se liggaam is op die toneel langs ‘n blou Suzuki Celerio gevind. Die oorledene het verskeie skietwonde opgedoen.

Die motief vir die moord en die omstandighede daarvan word ondersoek.

Beetge sê in die ander voorval is Ikamvelihle-polisie omstreeks 18:00 van ‘n liggaam in bosse langs Tamsanqastraat in Motherwell verwittig.

Lede van die publiek het die liggaam opgemerk. Met aankoms op die toneel is ‘n man op sy rug met ‘n kopwond, vermoedelik ‘n skietwond, gevind. Die motief vir die moord word deur Ikamvelihle-polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief