KYK: Namibiese ‘dwelmmuil’ met ‘bullets’ op lughawe onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Vrou (30), ‘n beweerde dwelmmuil van Namibië, is met geslukte “bullets” op OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê die “bullets” bevat vermoedelik dwelms. Dit is die tiende dwelmmuil wat in die afgelope twee maande op ORTIA in hegtenis geneem is. Die polisie, SA Inkomstediens en immigrasiebeamtes het inligting oor ‘n beweerde dwelmmuil op ‘n vlug wat omstreeks 07:25 van São Paulo, Brasilië, sou land, opgevolg. ‘n Vrou is by die immigrasie-afdeling onderskep. Sy is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar ‘n X-straal vreemde voorwerpe in haar maag bevestig het.

Mathe sê daar het meer as 60 “bullets” wat vermoedelik kokaïen bevat, uit die vrou se liggaam gekom. Sy is tans onder polisiebewaking in aanhouding. Die waarde van die dwelms kon nie dadelik bepaal word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief