KYK: ‘Nelson Mandela se kleinseun’ en ander op aanklag van voertuigkaping gearresteer

Lees ook :

Foto: JMPD

GAUTENG. – Vyf verdagtes is Woensdagoggend op aanklagte van voertuigkaping en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen gearresteer. Die arrestasies is by die huis in Houghton, Johannesburg, wat aan die oorlede staatsman, Nelson Mandela, behoort het, uitgevoer. Een van die verdagtes is glo sy kleinseun.

Supt. Xolani Fihla, woordvoerder vir die Johannesburgse metropolisie-departement (JMPD), sê die taktiese reaksie-eenheid het inligting van ‘n opsporingsmaatskappy gekry en dit opgevolg. Die ligging van ‘n wit Toyota Corolla, wat glo vroeër Woensdag in Louis Botha-rylaan in Oaklands gekaap is, is opgevolg. Die inligting het die beamptes na die huis wat voorheen aan oudpresident Nelson Mandela behoort het, gelei. Op die perseel is die gekaapte voertuig teruggevind en na ‘n verdere soektog die ongelisensieerde vuurwapen.

Fihla sê dit blyk asof die vroulike verdagte die huis huur en die manlike verdagtes ken. Die vyf verdagtes, vier mans en ‘n vrou, is by Norwood-polisiestasie aangehou.

Die kapingslagoffer is ongeskaad.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief