Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Noodvoertuig van ambulansdiens deur penne beskadig

Foto: Skermgreep van video Pro Med Emergency Medical Services
Foto: Skermgreep van video Pro Med Emergency Medical Services

GAUTENG. – ‘n Noodvoertuig van Pro Med Emergency Medical Services is Maandagaand omstreeks 21:15 deur penne beskadig.

Die ambulansdiens was onderweg om hulp te verleen met ‘n lewensbedreigende insident op die N4, naby die Rosslyn-afrit. Die noodpersoneel kon dadelik hulp ontbied. Ondersteuning is op ‘n WhatsApp-groep gevra en ‘n ligging is voorsien. Bystand is binne enkele minute verleen.

Geen beserings is aangemeld nie. Pro Med Emergency Medical Services bedank alle dienste en owerhede wat vir bystand na hulle toe gehaas het.