LIMPOPO. – 10 insittendes van ‘n minibus en drie van ‘n bakkie het Saterdagoggend op die R40, naby Klaserie, in ‘n ongeluk reg van voor gesterf.
Die Limpopo-departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê die LUR, Violet Mathye, is diep deur die verlies van lewe geraak.
Buiten die 13 sterftes het drie insittendes kritieke beserings opgedoen en is vir mediese behandeling na Tinswalo-hospitaal vervoer.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.





