Kyk: Oomblik van botsing – motoris ry in aankomende verkeersbaan

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Juanita Grobbelaar Facebook-blad

Juanita Grobbelaar het ‘n video-opname op haar Facebook-blad gedeel van ‘n ongeluk wat in die vroeë oggendure op die N1 Hoofweg in Pretoria plaasgevind het.

In die video kan gesien word hoe ‘n voertuig in die baan van aankomende verkeer ry en ‘n ongeluk veroorsaak.

“04:14 op die snelweg N1 Suid ry die Polo in aankomende verkeersbaan 100 km/h😱😱😱

In nog kommentaar is dit as die “N1 Noord voor Atterbury” beskryf.

In ‘n video-opname wat vir die “Gauteng Traffic” aangestuur is, kan gesien word hoe die verkeer ophoop as gevolg van die ongeluk. Met die volgende kommentaar: “2 accidents on N1 North bound by Atterbury, within 500 m of each other. Only 1 lane open, traffic backed up all the way to Rigel.”

Mári Murray het op die groep bevestig dat die tweede ongelukstoneel reeds opgeklaar is: “Crash (multi vehicle) on N1 Northbound after Garsfontein Rd, is now clear, free flowing traffic. 8:58 a.m. Jun 3, 2023.”

Op ‘n Twitter-plasing kan die padkaart met die plek van botsing gesien word.

Geen ander inligting is tans beskikbaar nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief