Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Orka en witdoodhaai meet kragte

In die video is drie orkas en een witdoodhaai sigbaar.

Kyk: Orkawalvisse en Witdoodhaai meet kragte. Skermgreep Drone Fanatics SA
Kyk: Orkawalvisse en Witdoodhaai meet kragte. Skermgreep Drone Fanatics SA

Drone Fanatics SA het onlangs ’n video gedeel van ’n orka en witdoodhaai wat kragte meet. Die beeldmateriaal is reeds op 16 Mei 2022 op Hartenbos afgeneem, maar is op versoek van aanhangers weer geplaas.

Volgens Drone Fanatics SA was dit ’n besonderse dag in hulle lewe. Hulle beweer hulle het met die video gehelp om die mite oor orkas wat nie witdoodhaaie as prooi teiken nie, te breek.

In die video is drie orkas en een witdoodhaai sigbaar.

Bronne: Drone Fanatics SA, YouTube