Kyk: Pasgebore kameelperdkalf stap kort na geboorte

Lees ook :

Kyk: Pasgebore kameelperdkalf stap kort na geboorte. Skermgreep: Latest Sightings

Beeldmateriaal is onlangs vrygestel van ’n kameelperd wat staande in die Kruger Nasionale Park geboorte skenk. ‘n Pasgebore kameelperdkalf wys sy krag deur kort na sy geboorte al ’n paar treë te gee.

Johan van Zyl, wat die video geneem het, sê die hele geboorteproses het tussen 45 minute tot een uur geneem.

Volgens Latest Sightings help die entjie wat die pasgebore kameelperd na die grond val sodat hy kan begin asemhaal en bloedvloei kan begin.

Die besorgde ma het haar nuweling aangemoedig om op te staan. Na verskeie mislukte pogings het die kalf wel vanself opgestaan en begin loop.

Bronne: Latest Sightings, YouTube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief