Kyk: Passasierskepe Queen Mary 2 en Queen Victoria in Kaapstad-hawe

Lees ook :

Kyk Queen Mary 2 en Queen Victoria – ikoniese passasierskepe tegelyk in Kaapstad-hawe. Foto: JP Smith Facebook

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Kaapstad se toerismesektor behoort ’n reuse-inspuiting te kry nadat twee gesogte passasierskepe, Queen Victoria en Queen Mary 2, die hawe vanoggend binnegevaar het.

Queen Victoria sou aanvanklik gisteraand die hawe binnegaan, maar was deurnag weens die sterk wind vasgemeer.

Die Stad Kaapstad het voorbereidings vir die hoër volumes verkeer gemaak. Operateurs sal die paaie om die Waterfront monitor om verkeervloei te beheer.

Queen Victoria vertrek vanaand net na 17:00 na Lissabon en Queen Mary 2 vertrek môre om 18:00 na Southampton.

Die volgende beelmateriaal is op sosiale media geplaas:

Bronne: JP Smith Facebook-blad, Happening News SA, Cape Town etc, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief