KWAZULU-NATAL. – Russell Lexton Cromhout (69) is twee weke gelede op sy kleinhoewe in Esenembe gesien en is sedertdien vermis. ‘n Rusa-helikopter het vanmiddag omstreeks 16:14 opgestyg om na hom te help soek.
Reaction Unit South AFrica sê ‘n welstandsbesoek is Woensdag aan Cromhout se kleinhoewe gemaak en hy sowel as sy voertuig, ‘n wit Hyuandai Tuscon, met registrasienommer NT 25316, is vermis. Cromhout se huis is ook geplunder. Volgens sy seun was hy laas op sy verjaardagpartytjie op die kleinhoewe gesien en kon sedertdien nie weer telefonies bereik word nie.
Rusa is vir hulp gevra om hom op te spoor en die publiek word versoek om vir hom en sy voertuig op die uitkyk te wees. ‘n Rusa-helikopter het in die omgewing van Ndwedwe en Esenembe gesoek.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan Rusa by 086 1234 333 gebel word.





