RICHARDSBAAI, KZN. – Petroljoggies word geprys vir hulle vinnige optrede nadat twee motoriste Sondagoggend na bewering wou wegry sonder om vir hulle brandstof by ’n BP-vulstasie te betaal.
Kameras het die voorval afgeneem. Die insident het by die BP-vulstasie teenaan die John Ross-hoofweg oorkant Melomed-hospitaal in Richardsbaai plaasgevind.
In die video kan gesien word hoe ’n wit motor probeer wegry. Die een petroljoggie trek die bestuurder uit die motor uit en hy begin wegloop. Die bestuurder en passasier draf dan weg.
Volgens berigte het die petroljoggies die motoriste ingehaal.
BP on John Ross Highway opposite Melomed Hospital, Motorist tried to drive off without paying. Attendants stopped them pic.twitter.com/fNMOuzBZsg
— 𝐍𝐝𝐮𝐦𝐢𝐬𝐨🌍 (@Ndumiiiso) March 17, 2024
Bronne: Twitter





