KYK: Plate van nisse op gedenkmuur verwoes

Lees ook :

Foto's: City of Ekurhuleni

GAUTENG. – Gedenkplate van nisse by die Bredel-begraafplaas in Kempton Park is totaal verwoes. Geliefdes se as is op die grond aangetref.

Die Stad van Ekurhuleni het die vandalisering van die muur van herinnering ten sterkste veroordeel. Die insident het op 30 Desember plaasgevind, waarna die gebreekte plate en vase stukkend op die grond aangetref.

‘n Saak van vandalisme is by die polisie geopen en Ekurhuleni-metropolisie monitor die begraafplaas. Meer sake van vandalisme kan by 0860 543 000 aangemeld word.

Omega Tombstones het hartseer oor die vandalisme en oneerbiedigheid uitgespreek. Die diens het ook geliefdes van oorledenes wie se as daar gebêre was gevra om dit dadelik te gaan haal. Omega Tombstones het hulle hulp aangebied. Hulle kan by 072 363 7255 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief