KYK: Polisie sê video van rotte by Vosloorus-polisiestasie is vals

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Video-opname soos ontvang, oorsprong onbekend

GAUTENG. – Die polisiebestuur in die provinsie is bekommerd oor ‘n video van rotte by Vosloorus-polisiestasie in Ekurhuleni wat op sosiale media versprei word.

“Die polisie dring aan daarop dat sosialemediagebruikers moet ophou om vals inligting te plaas.”

Brig. Brenda Muridili sê die plasing is vals en misleidend.

“Vosloorus-polisiestasie het nie ‘n probleem met knaagdiere nie.”

Muridili sê die stasie het ‘n jaarlikse instandhoudingsplan wat plaagbeheer insluit. Dit verseker polisielede se gesonde werksomgewing.

“Die SAPD doen dus ‘n beroep op sosialemediagebruikers om verantwoordelik te wees en hulle te weerhou daarvan om misleidende inhoud te plaas.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief