KYK: Polisie tydens inhegtenisneming aangeval

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname soos ontvang

Waarskuwing! Die video bevat kru taal.

WES-KAAP. – ’n Groep gemeenskapslede het glo polisiebeamptes aangeval in ’n poging om ’n verdagte te bevry nadat hy in die Strand vir dwelmverwante oortredings in hegtenis geneem is. Intussen word ’n video van die voorval wyd op sosiale media gedeel.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die voorval het Sondagmiddag omstreeks 16:00 in 9de Straat plaasgevind. Beamptes het die verdagte met dwelms in sy besit betrap toe hy in hegtenis geneem is. Volgens Twigg het ’n groep inwoners kort daarna op die toneel toegesak en die polisie aangeval in ’n poging om die verdagte te bevry. Tydens die voorval is polisievoertuie beskadig.

Die verdagte staan tereg op aanklagte van dwelmbesit en aanranding en het reeds Maandag sy eerste verskyning in die Strand-landdroshof gemaak.

Die omstandighede van die voorval word tans ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief