Trucks being looted: Umtata, Eastern Cape.#CrimeWatch pic.twitter.com/xIKQOiW9Vz
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) May 27, 2024
OOS-KAAP. – Die situasie in Mthatha is gespanne met toegangspaaie in en uit wat vir verkeer geblokkeer is.
Kol. Priscilla Naidu sê die N2 en die R61 is toe en motoriste word gevra om alternatiewe roetes te gebruik. Vanoggend is vyf verdagtes wat op die polisie se OOP en Vispol geskiet het, in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes is gewond. Poging tot moord word ondersoek.
Naidu sê openbare-orde-polisiëring (OOP), die nasionale intervensie-eenheid (NIU) en die taktiese reaksie-eenheid (TRT) monitor die situasie.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene waarsku diegene wat video-opnames en boodskappe rondstuur om onrus aan te hits: “Such actions are not only irresponsible but also illegal. We will take strict action against anyone found to be engaging in activities that threaten the safety and security of the public and the integrity of the election process.”
Verskeie video-opnames van die geblokkeerde paaie en die plundering van vragmotors word versprei.
More videos https://t.co/HbzTl7fmJd pic.twitter.com/XjjJDied2O
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) May 27, 2024





