KYK: Pyramid-substasie brand af

Lees ook :

Foto: City of Tshwane

Die Pyramid-kragstasie in die noorde van Pretoria het Woensdagoggend afgebrand. Dit het ‘n kragonderbreking vir verskeie gebiede veroorsaak.

Die brand is deur nooddienste geblus. Tegnici kon die fout isoleer, waarna kragonderbrekings herstel is, behalwe in die gebied wat deur die Pyramid-kragstasie bedien word. Die rede vir die brand word ondersoek.

Dr. Nasiphi Moya, die waarnemende burgemeester van Tshwane, het die substasie besoek om terugvoer aan inwoners te gee. Moya sê inwoners sal gereeld terugvoer kry en besoek sal afgelê word om te verseker die probleem word spoedig aangespreek.

Die substasie bedien hoofsaaklik landelike gebied en die munisipaliteit het noodgedwonge water vir inwoners van 84 kleinhoewes beskikbaar gestel. Watertenkwaens kan by die Petronella-inkopiesentrum, PB Winkel en Wolmarans Spar gekry word. By elkeen van die punte sal drie watertenkwaens wees.

Daar is reeds gebrande panele binne die substasie verwyder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief