OKLAHOMA, VSA. – ’n Reeks tornado’s wat Oklahoma laat Saterdagnag en vroeg Sondagoggend getref het, het ernstige skade en beserings tot gevolg gehad.
Sulphur, wat naby Oklahoma City geleë is, is deur twee groot tornado’s getref. Vloedwaarskuwings is vir daardie deel uitgereik en inwoners is aangeraai om skuiling te vind.
Weerwaarskuwings is vanaf Missouri tot Texas uitgereik. Hoë reënval en hael word nog verwag.
Nagenoeg 47 m. mense se lewens was in gevaar. Reddingspanne kon nog nie vasstel hoeveel mense beseer is en of enigiemand dood is nie.
Verskeie geboue is beskadig en in puin gelê terwyl massas voertuie omgeslaan en verwoes is.
Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media geplaas:
Bronne: Live Mint, Koco, WFAA
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: