Kyk: Riaan Benadé en Melissa – dis ‘n seun

Lees ook :

Foto's: Riaan en Melissa Benadé Instagram

Riaan Benadé en sy vrou Melissa het aangekondig hulle verwag ‘n babaseun.

Die egpaar het reeds ‘n kleuterdogter Lucca wat op 7 Julie 2022 gebore is.

Hulle het die aankondiging, wat in die video-opname hier bo ingesluit is, met Suid-Afrika gedeel.

Benadé, seun van die ewe bekende Franna Benadé, word geken aan musiektreffers soos Gooi Nog ‘n Whiskey, Rowwe Blimsem, Keeza, Lieg vir my, Vat ‘n Bietjie en vele meer.

Die geliefde sanger wat onlangs op oorsese advertensieborde in Nashville gepryk het toe hy saam met Ian Munsick, ‘n countrysanger van Nashville I’m on Fire van Bruce Springsteen opgeneem het, het verlede jaar in Julie ‘n gesondheidsprobleem ondervind. Hy het daarna gesê hy is gesond, hy moet net sy bloeddruk en cholesterol dophou. Hy het ‘n gaatjie in sy hart wat waarskynlik sedert sy geboorte daar is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief