Die sangeres Rina Hugo het Woensdag haar 75ste verjaardag gevier. Sy het ’n video op haar Facebook-blad gedeel waarin sy aanhangers oor haar vieringe inlig.
In die video spreek sy haar dankbaarheid uit dat sy haar 75ste verjaardag kon vier. Sy vertel van die geskenke waarmee sy bederf is.
Haar kinders het vir haar Willem Botha se grimeerprodukte gekoop en sy was omtrent in haar noppies. Sy skerts oor haar ouderdom terwyl sy sommer in die video van die grimering aansit.
Kyk die video hier.
Bron: Rina Hugo Facebook-blad





