KYK: Rooikatte tydens revue deur Steve Hofmeyr verras

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Laerskool Constantiapark

Laerskool Constantiapark in die ooste van Pretoria is Maandagaand behoorlik verras toe Steve Hofmeyr tydens ‘n revuevertoning onverwags op die verhoog verskyn het. Die Rooikatte het ‘n Hofmeyr-treffer gesing, waartydens die sanger agter hulle op die verhoog verskyn het.

Sy verskyning het die gehoor se asems weggeslaan en is beskryf as die “verrassing van verrassings.”

Die skool sê in ‘n sosialemediaplasing “En daar staan hy skielik op die verhoog…STEVE HOFMEYR self en slaan almal se asems weg! Díé VERRASSING van VERRASSINGS! …Steve het gehoor die Rooikatte sing ‘n Steve-treffer en kom sing toe onverwags saam!”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief