SUID-AFRIKA. – ’n Video word sedert gistermiddag versprei van ’n Checkers Sixty60-drywer wat voor ’n huis op sy motorfiets wag en volgende deur twee vermeende rowers oorrompel word. Volgens die datum op die video het die voorval Maandagmiddag om 13:35 plaasgevind.
In die video kan gesien word hoe een aanvaller ’n wapen op hom rig en sy selfoon afvat. Daarna laai hulle die kruideniersware agter uit die houer op die motorfiets. Een van die “rowers” keer terug om nog sakke uit te haal.
Die drywer stap agterna na waar die mans uit die kamera se oog verdwyn. Dit is onduidelik waar die insident plaasgevind het.
Yusuf Abramjee het die video op sy Twitter-bladsy gedeel:
Crime, crime and more crime…#CrimeWatch pic.twitter.com/PIqC64Ccxd
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) February 27, 2024
Bronne: Briefly, Twitter





