Video-opnames in berig.
GAUTENG. – André Snyman van eblockwatch het kort gelede ‘n video-opname langs ‘n pad naby Diepsloot geneem, toe hy R2 000 wat glo deur ‘n vroulike polisiekonstabel van ‘n werknemer gevat is, teruggevra het. In die opname haal die konstabel die geld uit haar sak en oorhandig dit aan Snyman, waarna sy boonop om verskoning vra.
Snyman vra van die ander polisiebeamptes om die konstabel in hegtenis te neem, wat nie gebeur nie. Die voertuig en uniform is dié van “Johannesburg POP” oftewel openbare orde-polisiëring.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





