KYK: Sanger voorspel wegraping binne volgende dae, wat is jou mening?

Lees ook :

Foto: Danie Botha

Danie Botha, SA-sanger, sê die wegraping sal op die 23ste of 24ste September 2025 plaasvind. Die boodskap van die wegraping het menige kommentaar ontlok.

Hy het hom weer tot sosiale media gewend om aan onder meer past. Rooies Strauss en ander te sê hy het niks aan hulle gedoen nie en hy het hulle lief. Terselfdertyd waarsku die sanger dat die einde van die wêreld wel hier is.

Met die kontroversie wat met die voorspelling uitgebreek het, het past. Avon Browning die volgende gesê: “Ek is so geskok en ontnugter oor ‘pastore/kerkleiers’ se optrede en uitsprake teen ons broeder. Een pastoor hou tot Danie se foute teen hom? Ander sê dis ‘n demoon? Opb.12v10 sê: “Satan is die aanklaer van die broeders” “Die boom word geken aan sy vrugte” Matt.7v20.Is dit Agape liefde? Dan soek ek nie u preke. Ek kan nie glo hoe Danie se uitsprake die godsdiensdemoon laat uitkom en self ‘liefde’ vertoon nie! Wat het Danie verkeerd gedoen? Het mense teruggeval? Inteendeel. Honderde het gaan seker maak -ek ook. 2Kor.13v5 sê jy moet! Danie, een van die bekendste en gewildste prediker, WAAG DIT OM SY BEDIENING OP DIE SPEL TE SIT? Om mense te roep tot bekering!! Net omdat hy ‘n datum noem??’Wat maak dit saak? Ek verwag Jesus vanaand! My geleerde past./broer. Ondersoek jou eie LIEFDELOSE LEWE voor God. Ek wil u verseker as Jesus wel kom op die 24ste? Sal Danie saam gaan en jy met soveel godsdiens en selfliefde sal hoor! EK HET JOU NOOIT GEKEN NIE!

EK is Avon Browning op Evander. WAT AS…..Danie reg gehoor het……. AMEN EN AMEN! Wees geseënd…Past. Avon! Ek is een van diegene wat opnuut my lewe toegewy het aan onse Here Jesus Christus van Nasaret….ons Saligmaker en komende Bruidegom! Hallelujah!”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief