KYK: Seun (7) oorleef nadat tornado hom opsuig

Lees ook :

Foto: CBN

VSA. – Lane Lambert (7) van Abilene Texas het oorleef nadat hy deur ‘n tornado opgesuig is.

Pa Wes, ma Kasey, sus Allie en Lane het in ‘n kas geskuil terwyl die tornado hulle huis aan die verwoes was. In ‘n stadium het hulle hul greep op Lane verloor en hy is 25 voet hoog deur die tornado ingesuig. Die gesin het gedink hulle het vir Lane verloor, maar hy is aan die ander kant van die huis op ‘n puinhoop gevind. Hy het ‘n ontwrigte skouer en snye in sy gesig gehad. Pa, Ma en Lane is beseer, maar Kasey het nie beserings opgedoen nie.

Die hele gesin en hulle hond is ná die gebeurtenis deur medici behandel en uit ‘n hospitaal ontslaan. Alhoewel hulle nie meer ‘n huis of motor het nie, is hulle bly dat hulle lewe. Nog ander huise is saam met hulle s’n vernietig.

Freddie McKinney, ‘n stormjaer wat die tornado verfilm het, het die familie te hulp gesnel en hospitaal toe geneem.

‘n GoFundMe is gestig om die familie by te staan.

Bronne: CBN, KWTX-TV, Washington Times, CBS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief