KYK: Seun wat vermis raak tydens jag se liggaam in rivier gekry

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Sqalo Phumelela Ntlooa (7) het Sondagaand terwyl hy saam met vriende en verskeie honde in Cato Manor-woud gaan jag het, vermis geraak. Sy liggaam is kort gelede uit ‘n rivier gehaal.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê Sqalo is ‘n gr. 2-leerling van Laerskool Nsimbini. Hy en sy vriende het kleinprooi gaan jag en met hulle terugkeer was die seun vermis. Die vriende het teenstrydige weergawes gehad – sommige het gesê hy het nie van die jag teruggekeer nie, ander weer dat hy na ‘n plaaslike snoepwinkel toe is om speletjies te speel. Werknemers by die snoepwinkel het egter gesê dat hy nie daar gesien is nie. Nog ‘n kind het gesê Sqalo het toe hulle terugkeer in ‘n onbekende voertuig geklim, maar dit kon ook nie bevestig word nie.

Sqalo was in ‘n blou hemp en oranje broek geklee toe hy laas opgemerk is. Die Rusa-helikopter het Maandagoggend om 10:00 opgestyg om ook na die seun te soek, waarna sy klere meer as drie uur later by ‘n rivierbank aangetref is (video’s hier onder.)

Die vlieënier en sy bemanning het langs die rivier gesoek en ‘n poel geïdentifiseer waar daar na Sqalo gesoek moes word. Sy liggaam is kort daarna op die bodem van die poel gevind en deur ‘n gemeenskapslid uitgehaal.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief