KYK: Sewe sterf in ongeluk in Hessequa

Lees ook :

Foto's: Grant Riddles en Bertus Benecke

WAARSKUWING! Die video in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

WES-KAAP. – Sewe persone het Maandag net voor 04:00 op die N2, ongeveer 10 km buite Heidelberg in die rigting van Riversdal, in digte mis in ‘n gru-ongeluk gesterf.

AO Joseph Swartbooi sê aan Nuusflits die Heidelberg-polisie het op ‘n klagte van ‘n ongeluk reageer. Met aankoms op die toneel is twee voertuie wat in die ongeluk betrokke is, aangetref. Sewe slagoffers, vyf vroue en twee mans, is op die toneel dood verklaar, terwyl nog vier vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en vra enigiemand met relevante inligting om na vore te kom.

Grant Riddles, die uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit, sê: “Hessequa treur vandag. Vanoggend het ons gemeenskap ’n ondenkbare verlies gely – vyf jong lewens is skielik en hartverskeurend van ons weggeneem. My hart bloei. Ek voel soos Daniël van ouds wat sy klere wil skeur terwyl ek God aanroep, want geen woorde kan hierdie smart verwoord nie. Dit is bitterseer – bitter oor die pyn, oor die leë plekke wat nooit gevul kan word nie, oor drome wat nooit verwesenlik sal word nie. Al waaraan ons kan vashou, is die wete dat God steeds God is, selfs in ons donkerste uur. Here, ons verstaan nie, maar ons smeek: Raak elke gebroke hart aan, dra elke ouer, broer, suster, vriend en familielid deur hierdie ondenkbare storm. Mag U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, oor ons gemeenskap spoel. Mag U lig skyn in hierdie donker nag. Ons treur saam. Ons bid saam. Rus in vrede, geliefdes. Julle afwesigheid sal vir altyd gevoel word.”

Ivan T Mangaliso, PA-raadslid, sê in ‘n verklaring van medelye: “Dit is met diep hartseer dat ek my innige meegevoel betuig aan die families, vriende en geliefdes van die vyf jong individue wat vandag tragies hul lewens verloor het in ’n ongeluk op die N2 in die Hessequa- munisipale area naby Riversdal. Hierdie hartverskeurende verlies laat ons gemeenskap in rou, en ons gedagtes en gebede is met almal wat geraak word. Die skielike heengaan van jong lewens herinner ons aan die broosheid van die lewe. In hierdie tyd van smart, mag ons krag vind in mekaar en in die troosvolle woorde van die Skrif: “Die Here is naby die gebrokenes van hart en Hy red die wat verpletter is van gees.” – Psalm 34:18. Mag hul siele in vrede rus, en mag hul families berusting vind in die liefde en ondersteuning van diegene om hulle.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief