Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Skote op Land Cruiser op kruising

Foto: Yusuf Abramjee X-profiel
Foto: Yusuf Abramjee X-profiel

GAUTENG. – Skote wat gister in Walkerville, suid van Johannesburg op ‘n Land Cruiser geskiet is, is op kamera vasgevang.

Op die video-opname wat deur Yusuf Abramjee van Crime Watch gedeel is, kan gesien word hoe daar op ‘n wit Land Cruiser op die kruising geskiet word.

Die kom voor asof die Land Cruiser links probeer draai en dan deur ‘n silwerkleurige voertuig waaruit daar geskiet word, afgesny word.

Wanneer die skote hoorbaar klap, draai die Land Cruiser om en jaag terug na waar dit vandaan kom.

Volgens Abramjee is die slagoffer vier keer getref, maar het die aanval oorleef.

Foto’s hier onder wys koeëlgate in die Land Cruiser.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.