INTERNASIONAAL. – Juju Air 737-800 (HL8088) het vanoggend (Sondag) met 175 passasiers en ses bemanningslede by Muan Internasionale Lughawe in Jeollanam, Suid-Korea, in vlamme uitgebars.
Die vlug was vanaf Bangkok na sy bestemming, Muan, onderneem. Van die 181 siele aan boord het glo slegs twee persone oorleef. Finale getalle is nog nie bevestig nie.
Volgens beeldmateriaal wat versprei word en uit beriggewing lyk dit asof vlug 87C2216, sonder al sy landingstoerusting op ‘n aanloopbaan op sy onderkant voortgeskuur het, waarna dit in vlamme uitgebars het.
Dit blyk asof die vliegtuig enjinprobleme ondervind het. Volgens Flightradar24.com is die laaste boodskap van die vliegtuig op 500 voet ontvang.
Bronne: Avgeekery.com, Flightradar24.com, Panay News, Airfleets.net, Aeronews, Aircraft Engineering