Kyk: Snikhete temperature tot Sondag tydens hittegolf voorspel

Lees ook :

Foto: Vox Weather

Met die hittegolf wat hierdie week tot Sondag vir sekere provinsies voorspel is, waarsku Fox Weather voorsorgmaatreëls vir hidrasie en koelte is belangrik. Daar moet liefs vroegoggend en laatmiddag gewerk word om sodoende die warmste tye van die dag in direkte sonlig te vermy.

Snikhete temperature is tot Sondag vir die westelike gedeeltes van KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes voorspel. Vir Woensdag tot Vrydag is hoë temperature oor Sentraal-Vrystaat en die noordoostelike Oos-Kaap voorspel.

Die volgende hoë temperature kan op sekere plekke regoor die land bereik word: Newcastle – 38, Skukuza – 39, Musina – 40, Lephalale – 39, Vryburg – 38, Upington – 38, Kimberley – 37, Bloemfontein – 36 en Pretoria – 34.

‘n Geel Vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir donderstorms wat hewige reën en hael in die westelike Bosveld van Limpopo en oostelike gedeeltes van Mpumalanga kan meebring.

‘n Geel Vlak 1-waarskuwing vir golwe wat skade kan aanrig, is vir tussen Tafelbaai en Plettenbergbaai voorspel. Dit kan navigering vir klein bote en vaartuie bemoeilik.

‘n Geel Vlak 1-waarskuwing vir wind wat skade kan aanrig vir hoë voertuie en ‘n gevaar op roetes soos die N1 kan inhou, is vir die suidelike gedeeltes van die Namakwa- munisipale distrik en die Noord-Kaap, Breede Vallei- plaaslike munisipaliteit en die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit van die Wes-Kaap voorspel.

Waarskuwings vir brandgevaar is vir gedeeltes van die Noord-Kaap en die noordoostelike gedeeltes van die Wes-Kaap voorspel.

Daar moet ook ekstra aandag aan bejaardes tydens die hitte gegee word. Diere moet ook behoorlik versorg word.

#voxweather#firedanger#thunderstorms#heatwave

Bron: Vox Weather

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief