KYK: Só vinnig word jy ‘n slagoffer van ‘bankkaartmisdadigers’

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video X-profiel Yusuf Abramjee

Yusuf Abramjee het ‘n video op sy X-profiel gedeel oor hoe vinnig en maklik ‘n niksvermoedende slagoffer se bankkaartbesonderhede gesteel word.

Die verdagte se gesig is met ‘n sonbril vermom, maar daar kan gesien word hoe hy vir die slagoffer “beleef” ‘n plek voor hom in ‘n betaalpunt se ry gee terwyl hy ‘n ent weg staan. Wanneer sy dan eerste kan betaal, beweeg hy nader en leun oor haar met sy selfoon oor haar hand en bankkaart. Terwyl sy met haar bankkaart tap, lyk dit asof hy ook haar bankkaart met sy selfoon tap.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief