KYK: Spaanse duiker dryf ongeveer drie uur in see voor redding

Lees ook :

Foto: Med Evac Ambulance Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Duiker (59) van Spanje is Woensdag uit die see by Protea Banks gered nadat sy vir meer as drie uur in die see soek was.

Die NSRI sê die onbeseerde vermiste duiker is drywend 9 seemyle verder as waar sy geduik het, en vyf seemyle van Trafalgar-kuslyn, opgespoor.

Nadat ‘n duikhuurboot rapporteer het hulle vermis ‘n duiker wat om 09:00 geduik het en by Port Shepstone, by Protea Banks, aan die Suidkus vermis geraak het, is verskeie NSRI-rolspelers geaktiveer. Met twee duikhuurbote wat reeds aan’t soek was, is die Shelly Beach- en Port Edward-diensbemanning geaktiveer, waarna Spirit of Dawn- en Spirit of Steve-reddingstuie en reddingsvoertuie ook onderweg was om met die soektog te help. Ten minste drie vastevlerkvliegtuie en Transnet One-helikopter met ‘n reddingswemmer het opgestyg eterwyl die polisie se soek-en-reddingseenheid langs die kuslyn gesoek het. Ook twee vissersbote het die soektog meegemaak.

Omstreeks 12:20 het die reddingsbemanning in die helikopter die waaiende duiker in vier tot vyf meter deinings, sowat 17 km van waar sy geduik het, opgemerk. Die reddingstuie het na waar die helikopter heeltyd by die vrou was, gevaar en haar aan boord van die Spirit of Dawn geneem. Die duiker was in ‘n goeie luim en is met haar mededuikers herening.

Med Evac Amulance Services het ook op die noodoproep gereageer en het dank uitgespreek teenoor die ongelooflike spanwerk van almal wat gesoek het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief