KYK: Spesiale optredes vir ‘Afrikaans is 100 Jaar Groot,’ kaartjies het behoorlik gevlieg

Lees ook :

Foto's en skermgrepe van video: Afrikaans is Groot

WES-KAAP. – Musiekliefhebbers kan buiten hulle gunstelingkunstenaars, uitsien na spesiale optredes van Laurika Rauch wat die muskiekbedryf gegroet het, asook EDEN se Jay du Plessis, Paulo Azevedo en Sean Else, wat terug is om by die Afrikaans is 100 Jaar Groot-konsert in Kaapstad op te tree.

Kaartjieverkope het vanoggend (Donderdag) om 10:00 by iTickets afgeskop en is so te sê uitverkoop. Na 13:00 was daar slegs 2 000 kaartjies oor wat nog opgeraap kon word.

Daar is selfs ‘n spesiale plek vir minister Gayton Mckenzie om die konsert by te woon: “Geagte minister van sport, kuns en kultuur. Ons het ’n spesiale plekkie vir u gelos. Kom vier saam met ons Afrikaans se 100ste verjaardag op 20 September by die DHL-stadion in Kaapstad. Dit sal vir ons ’n voorreg wees om u te ontvang.” Department of Sport, Arts and CultureGayton Mckenzie#AiG100Jaar

Kaartjies vir hierdie reuse 100 jaar taalviering is wêreldwyd aangekoop: “Ons kan dit sê: Afrikaans is GROOT van die Ooste tot die Weste, van die Suide tot bo in die Noorde.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief