KYK: Staal jouself – vier kouefronte onderweg na die Kaap

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Volgens Vox-Weather en die SA Weerdiens is vier kouefronte na die Kaap onderweg, waarvan die eerste, as “sterk” bestempel, vanaand die land sal bereik.

Vanaand se kouefront sal nat, koue en winderige weerstoestande vir die suid-westelike gebied, die kusgbied en die Karoo inhou. ‘n Geel vlak 2-waarskuwing is vir ontwrigtende reën en vloede in die suid-westelike gedeeldes van die Wes-Kaap uitgereik, met erge wind en rowwe seetoestande tussen Lambertsbaai en Cape Agulhas.

‘n Geel vlak 1-waarskuwing vir voetgangers en voertuie oor erge wind is vir die Namakwa-distriksmunisipaliteit van die Noord-Kaap en dele van die Wes-Kaap – die noordelike gedeelte van die Weskus-distrik uitgesonder – uitgereik.

‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir brandgevaar word veral vir die sentrale dele van die land uitgereik. Indien jy jouself dus in die suidelike en oostelike areas van die Noord-Kaap, westelike gedeeltes van Noordwes of die suidelike gedeeltes van die Vrystaat bevind, moet die waarskuwing vir wind en veldbrande ter harte geneem word.

Baie koud, nat en winderige toestande met dagtemperature van 10°C en selfs laer word vir Vrydag vir die Namakwa-distriksmunisipaliteit van die Noord-Kaap en die westelike hoogliggende areas van die Wes-Kaap voorspel.

En indien jy dink dit is steeds winter orals, word daar ook vir Vrydag ‘n hittegolf met hoë temperature vir Umzimvubu, Ntabankulu en die Mbizana- plaaslike munisipaliteit van die Oos-Kaap voorspel.

Bronne: Vox Weather en SA Weerdiens

#voxweather#donderbuie#hael#skadelikewinde

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief