KYK: Staatshospitaal se swembad vir personeel oopgestel

Lees ook :

Foto: Far East Rand Hospital Facebook-blad

GAUTENG. – Die Verre Oos-Rand-hospitaal in Springs het verlede Woensdag tydens hulle veldtog I Serve With a Smile ‘n swembad vir die gebruik van personeel geopen.

In Facebook-plasings en foto’s van die voorbereidings is gewys hoe gras gesny en skoongemaak is. Vier dae gelede tydens die veldtog is onder meer wors vir worsbroodjies gebraai, netbal gespeel, en die swembad vir personeel oopgemaak.

Die Gautengse gesondheidsdepartement het die volgende gesê:

“It’s all excitement at Far East Rand Hospital as the staff at the facility is gears towards being onboarded on the #IServeWithASmile campaign. The campaign seeks to encourage every healthcare worker to approach their work with a smile, enthusiasm, empathy and a friendly demeanour” #AsibeHealthyGP

“The staff at Far East Rand Hospital staff pledge to serve patients with care, love, dignity and without discrimination.”

In kommentaar op die plasings oor die verrigtinge het Cindy Williams, wie se tante verlede Maandag aan ‘n skietwond by die hospitaal gesterf het, gesê hulle is behandel asof hulle ‘n oorlas is.

Kommentaar by foto’s van die swembad het gewissel van ongeloof en veroordeling tot lof. Daar was diegene wat dit as geldmors bestempel het, terwyl ander weer gevoel het dit is goed, aangesien personeel hard werk.

Maryke Tania du Toit het gesê: “Daar was ‘n swembad nog altyd … Ek het daar gewerk 2014-2017, maar die swembad was nooit regtig gebruik nie. So dis goed dat hul hom nou tot beskikking maak aan die werkers.”

Bron: Far East Rand Hospital

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief